Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 21:30-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. As aan hom loskoopgeld opgelê word, moet hy vir die loskoping van sy lewe alles gee wat hom opgelê word.

31. Of dit ’n seun deurboor het of ’n dogter, volgens hierdie selfde oordeel moet met hom gehandel word.

32. As die bees ’n slaaf of slavin deurboor, moet hy aan hulle meester dertig sikkels silwer gee en die bees moet gestenig word.

33. As iemand ’n put oopmaak, of as iemand ’n put grawe en dit nie toemaak nie en ’n bees of donkie val daarin,

34. moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar van die dier geld gee en die dooie dier moet syne wees.

35. As ’n man se bees die bees van ’n ander stoot sodat dit sterf, moet hulle die lewendige bees verkoop en die geld daarvan verdeel en die dooie een moet hulle ook verdeel,

36. of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig was en sy baas dit nie ingeperk het nie, moet hy ten volle bees vir bees vergoed en die dooie een sal syne wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 21