Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 21:13-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. As hy egter nie daarvoor lê en wag het nie, maar God hom in sy hand laat val het, dan sal Ek vir jou ’n plek aanwys waarheen hy mag vlug,

14. maar as ’n man met voorbedagte rade teen sy naaste optree, om hom met misleiding dood te maak, moet jy hom selfs van My altaar af wegvat dat hy sal sterf.1 Kon 2:28-34

15. Hy wat sy vader of moeder slaan, moet die dood sterf.

16. Hy wat ’n mens steel en hom verkoop, of as hy in sy besit gekry word, dié moet die dood sterf.

17. Hy wat sy vader of moeder vloek, moet die dood sterf.Mat 15:4; Mar 7:10

18. As manne stry en die een die ander met ’n klip of met die vuis slaan sodat hy nie doodgaan nie, maar bedlêend word;

19. as hy weer opstaan en buite met sy staf rondloop, moet hy wat hom geslaan het, vrygestel word; net sy tydverlies moet hy vergoed en voorsien dat hy van sy beserings genees.

20. As iemand sy slaaf of slavin met ’n stok slaan dat dié onder sy hand sterwe, moet wraak geneem word om dit te wreek,

21. maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is deel van sy eiendom.

22. As manne met mekaar baklei en ’n swanger vrou so stamp dat haar kind afkom, maar sonder skade, moet hy ’n boete betaal volgens wat die man van die vrou van hom verwag en hy moet dit betaal volgens wat die regters besluit,

Lees volledige hoofstuk Eksodus 21