Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 20:14-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Jy mag nie egbreuk pleeg nie.Mat 5:27

15. Jy mag nie steel nie.

16. Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie.

17. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy slaaf, of sy slavin, of sy os, of sy donkie, of iets wat aan jou naaste behoort nie.”Rom 7:7

18. Die hele volk het die stemme gehoor, die blitse, die klank van die ramshoring en die rokende berg gesien. Toe die volk dit sien het hulle gebewe en op ’n afstand bly staan.

19. Hulle het vir Moshe gesê: “Praat u self met ons en ons sal luister, maar laat God nie met ons praat nie sodat ons nie sterf nie.Deut 5:22-28

20. Moshe sê vir die volk: “Moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets en sodat Sy vrees by julle kan bly sodat julle nie sondig nie.”

21. Die volk het op ’n afstand bly staan, maar Moshe het nader gegaan na die dik wolk waar God was.

22. יהוה sê vir Moshe: “So moet jy vir die seuns van Yisra’el sê: “Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemele af gepraat het.

23. Julle mag nie vir julleself langs My, gode van silwer en gode van goud maak nie.

24. ’n Altaar van grond moet jy vir My maak en daarop moet jy jou brandoffers en vredesoffers, jou kleinvee en jou beeste, offer. Op elke plek waar Ek My Naam (Karakter en Outoriteit) sal laat onthou, sal Ek na jou toe kom en jou seën.

25. As jy vir My ’n klip altaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie, want as jy jou gereedskap daaroor swaai, dan skend jy dit.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 20