Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 20:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. God het al hierdie woorde gepraat en gesê:

2. “Ek is יהוה, jou God, wat jou uit die land van Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgelei het.

3. Jy mag geen ander gode voor My hê nie.

4. Jy mag vir jou geen afgod of enige verpersoonliking maak Rom 1:23 van wat bo in die hemele is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

5. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie, want Ek, יהוה, jou God, is ’n jaloerse Magtige God wat die oortredinge van die vaders besoek aan die seuns, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat,

6. maar omgee wys aan duisende, aan dié wat My liefhet en My opdragte uitvoer.Yog 14:15

7. Jy mag die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, jou God, nie valslik gebruik nie, want יהוה sal die een wat Sy Naam valslik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 20