Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 20:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. God het al hierdie woorde gepraat en gesê:

2. “Ek is יהוה, jou God, wat jou uit die land van Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgelei het.

3. Jy mag geen ander gode voor My hê nie.

4. Jy mag vir jou geen afgod of enige verpersoonliking maak Rom 1:23 van wat bo in die hemele is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

5. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie, want Ek, יהוה, jou God, is ’n jaloerse Magtige God wat die oortredinge van die vaders besoek aan die seuns, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat,

6. maar omgee wys aan duisende, aan dié wat My liefhet en My opdragte uitvoer.Yog 14:15

7. Jy mag die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, jou God, nie valslik gebruik nie, want יהוה sal die een wat Sy Naam valslik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

8. Onthou om die Shabbatdag afgesonderd te hou.Yes 58:13; Mat 12:8; Heb 4:9

9. Ses dae moet jy werk en al jou besigheid doen,

10. maar die sewende dag is ’n Shabbat van יהוה, jou God; dan mag jy géén besigheid doen nie; nie jy of jou seun of jou dogter, of jou slaaf of jou slavin, of jou vee of jou besoeker wat by jou bly nie,

11. want in ses dae het יהוה die hemele en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin isOpen 10:6 en op die sewende dag het Hy gerus; daarom het יהוה die Shabbatdag geseën en dit afgesonder.

12. Eer jou vader en jou moeder sodat jou dae verleng mag word in die land wat יהוה, jou God, aan jou gee.Mar 7:10; Efe 6:1-3

Lees volledige hoofstuk Eksodus 20