Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 2:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Die vrou het swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun. Toe sy sien dat hy pragtig was, het sy hom drie maande lank weggesteek.

3. Toe sy hom nie langer kon wegsteek nie, het sy vir hom ’n houer van papirus gevat en dit met lymgrond en pik gesmeer en sy het die seun daarin gesit en dit in die riete aan die kant van die rivier gesit.

4. Sy suster het op ’n afstand gaan staan om uit te vind wat met hom sou gebeur.

5. Farao se dogter het na die rivier afgegaan om te bad terwyl haar diensmeisies aan die kant van die rivier loop. Toe sy die houer tussen die papirus sien, stuur sy haar slavin en laat dit haal.

6. Toe sy dit oopgemaak het, sien sy die seun en let op, dit was ’n seun wat huil! Sy het hom jammer gekry en gesê: “Dit is een van die seuns van die Hebreërs.”

7. Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: “Sal ek vir u ’n vrou wat voed uit die Hebreeuse vroue gaan roep sodat sy vir u die seuntjie kan versorg?”

8. Farao se dogter antwoord haar: “Gaan.” Die jong meisie het geloop en die seun se moeder geroep.

9. Farao se dogter sê vir haar: “Vat hierdie seun en voed hom vir my en ek sal jou loon vir jou gee.” Die vrou het die seun gevat en hom gevoed.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 2