Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 2:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Man uit die huis van Levi het gegaan en ’n dogter van Levi as vrou gevat.

2. Die vrou het swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun. Toe sy sien dat hy pragtig was, het sy hom drie maande lank weggesteek.

3. Toe sy hom nie langer kon wegsteek nie, het sy vir hom ’n houer van papirus gevat en dit met lymgrond en pik gesmeer en sy het die seun daarin gesit en dit in die riete aan die kant van die rivier gesit.

4. Sy suster het op ’n afstand gaan staan om uit te vind wat met hom sou gebeur.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 2