Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 19:21-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. יהוה het vir Moshe gesê: “Gaan af, waarsku die volk dat hulle nie moet deurbreek om יהוה te sien en baie van hulle doodgaan nie.

22. Laat ook die priesters wat naby יהוה kom, hulleself afsonder sodat יהוה nie teen hulle uitbreek nie.”

23. Moshe sê vir יהוה: “Die volk kan nie op die berg Sinai kom nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: ‘Grens die berg af en sonder dit af ’.”

24. יהוה sê vir hom: “Gaan. Gaan af en kom weer terug, jy en Aharon saam met jou, maar die priesters en die volk mag nie deurbreek na יהוה toe nie sodat Hy nie teen hulle uitbreek nie.”

25. Moshe het na die volk toe afgegaan en met hulle gepraat.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 19