Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 18:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Moshe het sy skoonvader alles vertel wat יהוה aan Farao en aan die Mitzrayiete, ter wille van Yisra’el, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad teëgekom het en hoe יהוה hulle verlos het.

9. Yitro het hom verheug oor al die goedheid wat יהוה aan Yisra’el gedoen het, wat Hy uit die hand van die Mitzrayiete bevry het.

10. Yitro het gesê: “Geseënd is יהוה wat julle bevry het uit die hand van die Mitzrayiete en uit die hand van Farao, wat die volk van onder die hand van die Mitzrayiete uit bevry het.

11. Nou weet ek dat יהוה groter is as al die gode, want in die presiese dinge waarin hulle trots opgetree het, is dit bewys.”

12. Yitro, Moshe se skoonvader, het ’n brandoffer en slagoffers gebring tot eer van God en Aharon en al die oudstes van Yisra’el het gekom om saam met Moshe se skoonvader ’n maaltyd te eet voor die Teenwoordigheid van God.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 18