Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 14:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hy het sy strydwa gereed gemaak en sy mense saam met hom gevat.

7. Hy het ses honderd uitgesoekte strydwaens en al die strydwaens van Mitzrayim, met gekose kapteins oor elkeen van hulle, gevat.

8. יהוה het die wil, emosie en verstand van Farao, die koning van Mitzrayim, onveranderlik gemaak sodat hy die seuns van Yisra’el agtervolg het en die kinders van Yisra’el het deur ’n hoë Hand uitgetrek.

9. Die Mitzrayiete het hulle agtervolg; al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag en hulle ingehaal terwyl hulle gekamp het by die see langs Pi-Hagirot, voor Ba’al-Tz’fon.

10. Toe Farao naby kom, slaan die seuns van Yisra’el hulle oë op en, let op, die Mitzrayiete trek agter hulle aan. Hulle het baie bang geword en die kinders van Yisra’el het uitgeroep tot יהוה.

11. Hulle het vir Moshe gesê: “Omdat daar in Mitzrayim geen grafte is nie, het u ons saamgevat om in die wildernis dood te gaan? Hoekom het u so met ons gemaak en ons uit Mitzrayim uitgebring?

12. Is dít nie die woord wat ons vir u in Mitzrayim gesê het nie: ‘Laat ons met rus dat ons die Mitzrayiete kan dien,’ want dit sou beter vir ons wees om die Mitzrayiete te dien as om in die wildernis te sterf?”

13. Moshe het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie, staan vas en sien die verlossing van יהוה wat Hy vandag vir julle sal bereik, want die Mitzrayiete wat julle vandag sien, sal julle in ewigheid nie weer sien nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 14