Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 14:5-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Dit is aan die koning van Mitzrayim vertel dat die volk gevlug het en die wil, emosie en denke van Farao en van sy diensknegte het teenoor die volk verander en hulle sê: “Hoekom het ons dit gedoen en Yisra’el laat trek sodat hulle ons nie meer dien nie?”

6. Hy het sy strydwa gereed gemaak en sy mense saam met hom gevat.

7. Hy het ses honderd uitgesoekte strydwaens en al die strydwaens van Mitzrayim, met gekose kapteins oor elkeen van hulle, gevat.

8. יהוה het die wil, emosie en verstand van Farao, die koning van Mitzrayim, onveranderlik gemaak sodat hy die seuns van Yisra’el agtervolg het en die kinders van Yisra’el het deur ’n hoë Hand uitgetrek.

9. Die Mitzrayiete het hulle agtervolg; al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag en hulle ingehaal terwyl hulle gekamp het by die see langs Pi-Hagirot, voor Ba’al-Tz’fon.

10. Toe Farao naby kom, slaan die seuns van Yisra’el hulle oë op en, let op, die Mitzrayiete trek agter hulle aan. Hulle het baie bang geword en die kinders van Yisra’el het uitgeroep tot יהוה.

11. Hulle het vir Moshe gesê: “Omdat daar in Mitzrayim geen grafte is nie, het u ons saamgevat om in die wildernis dood te gaan? Hoekom het u so met ons gemaak en ons uit Mitzrayim uitgebring?

12. Is dít nie die woord wat ons vir u in Mitzrayim gesê het nie: ‘Laat ons met rus dat ons die Mitzrayiete kan dien,’ want dit sou beter vir ons wees om die Mitzrayiete te dien as om in die wildernis te sterf?”

13. Moshe het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie, staan vas en sien die verlossing van יהוה wat Hy vandag vir julle sal bereik, want die Mitzrayiete wat julle vandag sien, sal julle in ewigheid nie weer sien nie.

14. יהוה sal vir julle baklei en julle moet stil wees.”

15. Toe vra יהוה vir Moshe: “Wat roep jy na My? Sê vir die seuns van Yisra’el dat hulle vorentoe moet gaan

16. en jy, lig op jou staf en steek jou hand uit oor die see en verdeel dit en die seuns van Yisra’el sal dwarsdeur die see op droë grond trek.

17. Let op, Ek sal die wil, emosie en verstand van die Mitzrayiete onveranderlik maak en hulle sal agter hulle aan gaan. Ek sal groot gemaak word oor Farao en sy hele leërmag, oor sy strydwaens en sy ruiters

Lees volledige hoofstuk Eksodus 14