Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 14:19-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Die engel van God wat voor die leër van Yisra’el uitgetrek het, het weggegaan en agter hulle aan getrek en die wolkkolom het van vóór hulle weggetrek en agter hulle gaan staan;

20. so het dit dan tussen die leër van die Mitzrayiete en die leër van Yisra’el ingekom. Dit was ’n wolk met duisternis vir die een en dit het die nag verlig sodat die een vir die hele nag nie naby die ander kon kom nie.

21. Moshe het sy hand uitgesteek oor die see en יהוה het deur ’n sterk oostewind die hele nag deur die see laat teruggaan, die see droog gemaak en die waters is verdeel.

22. Die seuns van Yisra’el het op droë grond deur die see getrek. Die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant.

23. Die Mitzrayiete het hulle agternagesit en hulle gevolg na die middel van die see; al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters.

24. Dit het gebeur tydens die oggendwag dat יהוה, in die vuur- en wolkkolom, op die leër van die Mitzrayiete afgekyk het en die leër van die Mitzrayiete deurmekaar gemaak het.

25. Hy het die wiele van hulle strydwaens laat afval en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Mitzrayiete: “Laat ons van Yisra’el af wegvlug, want יהוה baklei vir hulle teen die Mitzrayiete.”

26. יהוה sê vir Moshe: “Steek jou hand uit oor die see dat die waters kan terugkom oor die Mitzrayiete, oor hulle strydwaens en hulle ruiters.

27. Moshe het sy hand oor die see uitgesteek en die see het teen dagbreek teruggekeer na normaal terwyl die Mitzrayiete binne-in dit gevlug het. יהוה het die Mitzrayiete binne-in die see omvergegooi.

28. Die waters het teruggevloei en die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, toegemaak. Geeneen van hulle het oorgebly nie,

Lees volledige hoofstuk Eksodus 14