Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 14:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hulle het vir Moshe gesê: “Omdat daar in Mitzrayim geen grafte is nie, het u ons saamgevat om in die wildernis dood te gaan? Hoekom het u so met ons gemaak en ons uit Mitzrayim uitgebring?

12. Is dít nie die woord wat ons vir u in Mitzrayim gesê het nie: ‘Laat ons met rus dat ons die Mitzrayiete kan dien,’ want dit sou beter vir ons wees om die Mitzrayiete te dien as om in die wildernis te sterf?”

13. Moshe het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie, staan vas en sien die verlossing van יהוה wat Hy vandag vir julle sal bereik, want die Mitzrayiete wat julle vandag sien, sal julle in ewigheid nie weer sien nie.

14. יהוה sal vir julle baklei en julle moet stil wees.”

15. Toe vra יהוה vir Moshe: “Wat roep jy na My? Sê vir die seuns van Yisra’el dat hulle vorentoe moet gaan

16. en jy, lig op jou staf en steek jou hand uit oor die see en verdeel dit en die seuns van Yisra’el sal dwarsdeur die see op droë grond trek.

17. Let op, Ek sal die wil, emosie en verstand van die Mitzrayiete onveranderlik maak en hulle sal agter hulle aan gaan. Ek sal groot gemaak word oor Farao en sy hele leërmag, oor sy strydwaens en sy ruiters

18. en die Mitzrayiete sal weet dat Ek יהוה is, as Ek groot gemaak word oor Farao, oor sy strydwaens en sy ruiters.”

19. Die engel van God wat voor die leër van Yisra’el uitgetrek het, het weggegaan en agter hulle aan getrek en die wolkkolom het van vóór hulle weggetrek en agter hulle gaan staan;

20. so het dit dan tussen die leër van die Mitzrayiete en die leër van Yisra’el ingekom. Dit was ’n wolk met duisternis vir die een en dit het die nag verlig sodat die een vir die hele nag nie naby die ander kon kom nie.

21. Moshe het sy hand uitgesteek oor die see en יהוה het deur ’n sterk oostewind die hele nag deur die see laat teruggaan, die see droog gemaak en die waters is verdeel.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 14