Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 14:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Sê aan die seuns van Yisra’el dat hulle moet terugdraai en kamp opslaan voor Pi-Hagirot, tussen Migdol en die see, oorkant Ba’al-Tz’fon, moet julle kamp opslaan by die see.

3. Dan sal Farao van die seuns van Yisra’el sê: “Hulle is deurmekaar in die land, die wildernis het hulle vasgekeer.”

4. Ek sal Farao se wil, emosie en verstand onveranderlik maak sodat hy hulle agtervolg en Ek sal Myself oor Farao en sy hele leërmag grootmaak en die Mitzrayiete sal weet dat Ek יהוה is.” Hulle het so gedoen.

5. Dit is aan die koning van Mitzrayim vertel dat die volk gevlug het en die wil, emosie en denke van Farao en van sy diensknegte het teenoor die volk verander en hulle sê: “Hoekom het ons dit gedoen en Yisra’el laat trek sodat hulle ons nie meer dien nie?”

6. Hy het sy strydwa gereed gemaak en sy mense saam met hom gevat.

7. Hy het ses honderd uitgesoekte strydwaens en al die strydwaens van Mitzrayim, met gekose kapteins oor elkeen van hulle, gevat.

8. יהוה het die wil, emosie en verstand van Farao, die koning van Mitzrayim, onveranderlik gemaak sodat hy die seuns van Yisra’el agtervolg het en die kinders van Yisra’el het deur ’n hoë Hand uitgetrek.

9. Die Mitzrayiete het hulle agtervolg; al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag en hulle ingehaal terwyl hulle gekamp het by die see langs Pi-Hagirot, voor Ba’al-Tz’fon.

10. Toe Farao naby kom, slaan die seuns van Yisra’el hulle oë op en, let op, die Mitzrayiete trek agter hulle aan. Hulle het baie bang geword en die kinders van Yisra’el het uitgeroep tot יהוה.

11. Hulle het vir Moshe gesê: “Omdat daar in Mitzrayim geen grafte is nie, het u ons saamgevat om in die wildernis dood te gaan? Hoekom het u so met ons gemaak en ons uit Mitzrayim uitgebring?

12. Is dít nie die woord wat ons vir u in Mitzrayim gesê het nie: ‘Laat ons met rus dat ons die Mitzrayiete kan dien,’ want dit sou beter vir ons wees om die Mitzrayiete te dien as om in die wildernis te sterf?”

13. Moshe het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie, staan vas en sien die verlossing van יהוה wat Hy vandag vir julle sal bereik, want die Mitzrayiete wat julle vandag sien, sal julle in ewigheid nie weer sien nie.

14. יהוה sal vir julle baklei en julle moet stil wees.”

15. Toe vra יהוה vir Moshe: “Wat roep jy na My? Sê vir die seuns van Yisra’el dat hulle vorentoe moet gaan

Lees volledige hoofstuk Eksodus 14