Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 13:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het יהוה met Moshe gepraat en gesê:

2. “Sonder vir My al die eersgeborenes af. Alles wat die baarmoeder oopmaak onder die kinders van Yisra’el, van beide mense en diere, dit behoort aan My.”Luk 2:23

3. Moshe het vir die volk gesê: “Onthou hierdie dag waarop julle uit Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgegaan het, want deur ’n sterk hand het יהוה julle hiervandaan uitgelei; geen gesuurde brood mag geëet word nie.

4. Op hierdie dag gaan julle uit, in die maand Aviv.

5. Dit sal wees, wanneer יהוה jou bring in die land van die Kena’aniete, Hittiete, Emoriete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee, ’n land wat vloei met melk en heuning, dan moet jy hierdie gebruik in hierdie maand hou.

6. Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet en op die sewende dag sal daar ’n fees wees tot eer van יהוה.

7. Ongesuurde brode moet vir sewe dae geëet word; niks met suurdeeg mag by jou gesien word nie en geen suurdeeg mag tussen julle in jou hele grondgebied gesien word nie.

8. Jy moet dit aan jou seun op dié dag bekendmaak en sê: ‘Dit is as gevolg van wat יהוה vir my gedoen het toe ek uit Mitzrayim uitgetrek het.’

Lees volledige hoofstuk Eksodus 13