Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 12:47-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

47. Die hele bymekaarkoms van Yisra’el moet dit hou.

48. As ’n besoeker by jou bly en tot eer van יהוה die Pesag wil vier, moet almal wat manlik is by hom, besny word en dan mag hy nader kom om dit te vier en hy sal soos ’n kind van die land wees, want géén onbesnedene mag daarvan eet nie.

49. Een wet sal geld vir die kind van die land en vir die besoeker wat onder julle bly.”

50. So het al die seuns van Yisra’el gedoen. Soos יהוה Moshe en Aharon beveel het, so het hulle gedoen.

51. Dit het so gebeur dat יהוה die seuns van Yisra’el, volgens hulle leërafdelings, op daardie selfde dag, uit Mitzrayim uitgelei het.Hand 13:17

Lees volledige hoofstuk Eksodus 12