Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 11:4-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Moshe sê: “So sê יהוה: Omtrent middernag sal Ek uitgaan oor Mitzrayim

5. en elke eersgeborene in die land van Mitzrayim sal sterf, van Farao, wat op sy troon sit, se eersgeborene af, tot by die eersgeborene van die slavin wat agter die meulsteen staan en al die eersgeborenes van die diere.

6. Daar sal ’n groot uitroep regoor die hele land van Mitzrayim wees soos wat daar nie was en soos daar nie weer sal wees nie,

7. maar teen die seuns van Yisra’el sal ’n hond nie eens blaf nie, nie teen mens of dier nie sodat julle kan verstaan dat יהוה ’n onderskeid maak tussen Mitzrayim en Yisra’el.

8. Al hierdie diensknegte van u sal na my toe afkom en voor my op hulle gesigte val en sê: Gaan uit, jy en die hele volk aan jou voete. Daarna sal ek uitgaan.” Hy het by Farao uitgegaan in brandende woede.

9. יהוה het vir Moshe gesê: “Farao sal nie na julle luister nie sodat My tekens in die land van Mitzrayim kan vermeerder.”

10. Moshe en Aharon het al hierdie tekens voor Farao gedoen en יהוה het Farao se wil, emosie en verstand onveranderlik gemaak sodat hy die seuns van Yisra’el nie uit sy land laat gaan het nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 11