Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 1:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hy het aan sy mense gesê: “Let op, die volk van die seuns van Yisra’el is meer en kragtiger as ons.

10. Kom, laat ons hulle met wysheid hanteer sodat hulle nie kan vermeerder en in die geval van oorlog, hulle ook by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land uit weggaan nie.”

11. Hulle het daarom taakmeesters oor hulle aangestel om hulle te onderdruk met harde arbeid en hulle het die voorraadstede Pitom en Ra’amses vir Farao gebou.

12. Hoe meer hulle hul onderdruk het, hoe meer het hulle vermenigvuldig en versprei en hulle was bang vir die seuns van Yisra’el.

13. Die Mitzrayiete het die seuns van Yisra’el om hierdie rede hard laat werk

14. en hulle lewe bitter gemaak deur swaar werk met klei, bakstene en deur allerhande werk in die landerye. Al dié werk wat hulle hul laat doen het was met hardheid.

15. Die koning van Mitzrayim het met die Hebreeuse vroedvroue; die een se naam was Shifrah en die ander se naam Pu’ah, gepraat

16. en gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue by ’n geboorte help en hulle op die geboortestoele sien: as dit ’n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit ’n dogter is, moet sy lewe.”

17. Die vroedvroue het God egter respekvol gevrees en nie gedoen soos die koning van Mitzrayim hulle beveel het nie, maar die seuns laat lewe.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 1