Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 1:19-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Die vroedvroue sê vir Farao: “Die Hebreeuse vroue is nie soos die Mitzrayiete nie, want hulle is sterk. Voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle reeds geboorte gegee.”

20. God was tevrede met die vroedvroue en die volk het vermenigvuldig en uitermate baie geword.

21. So was dit: omdat die vroedvroue God respekvol gevrees het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee.

22. Farao het sy hele volk beveel en gesê: “Al die seuns wat gebore word, moet julle in die rivier (Nyl) gooi, maar al die dogters moet julle laat lewe.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 1