Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 1:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hoe meer hulle hul onderdruk het, hoe meer het hulle vermenigvuldig en versprei en hulle was bang vir die seuns van Yisra’el.

13. Die Mitzrayiete het die seuns van Yisra’el om hierdie rede hard laat werk

14. en hulle lewe bitter gemaak deur swaar werk met klei, bakstene en deur allerhande werk in die landerye. Al dié werk wat hulle hul laat doen het was met hardheid.

15. Die koning van Mitzrayim het met die Hebreeuse vroedvroue; die een se naam was Shifrah en die ander se naam Pu’ah, gepraat

16. en gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue by ’n geboorte help en hulle op die geboortestoele sien: as dit ’n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit ’n dogter is, moet sy lewe.”

17. Die vroedvroue het God egter respekvol gevrees en nie gedoen soos die koning van Mitzrayim hulle beveel het nie, maar die seuns laat lewe.

18. Toe laat die koning van Mitzrayim die vroedvroue roep en hy sê vir hulle: “Waarom het julle hierdie ding gedoen en die seuns laat lewe?”

19. Die vroedvroue sê vir Farao: “Die Hebreeuse vroue is nie soos die Mitzrayiete nie, want hulle is sterk. Voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle reeds geboorte gegee.”

20. God was tevrede met die vroedvroue en die volk het vermenigvuldig en uitermate baie geword.

21. So was dit: omdat die vroedvroue God respekvol gevrees het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 1