Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 1:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die name van die seuns van Yisra’el wat in Mitzrayim ingekom het; elkeen het met sy huisgesin saam met Ya’akov gekom:

2. Re’uven, Shim’on, Levi en Y’hudah;

3. Yissakhar, Z’vulun en Binyamin;

4. Dan, Naftali, Gad en Asher.

5. Al hierdie lewens wat uit Ya’akov se lendene voortgekom het, was sewentig siele, maar Yosef was reeds in Mitzrayim.Hand 7:14

6. Yosef, al sy broers en daardie hele geslag is dood.

7. Die kinders van Yisra’el was vrugbaar en het uitermate vermeerder, hulle het buitengewoon baie geword en hulle het die land gevul.

8. Daar het ’n nuwe koning oor Mitzrayim opgestaan wat Yosef nie geken het nie.

9. Hy het aan sy mense gesê: “Let op, die volk van die seuns van Yisra’el is meer en kragtiger as ons.

10. Kom, laat ons hulle met wysheid hanteer sodat hulle nie kan vermeerder en in die geval van oorlog, hulle ook by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land uit weggaan nie.”

11. Hulle het daarom taakmeesters oor hulle aangestel om hulle te onderdruk met harde arbeid en hulle het die voorraadstede Pitom en Ra’amses vir Farao gebou.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 1