Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 8:5-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Dus moes jy in jou verstand, wil en emosie geweet het dat יהוה, jou God, jou gedissiplineer het net soos ’n man sy seun dissiplineer;

6. daarom moet jy die opdragte van יהוה, jou God, hou om op Sy paaie te loop en Hom met respek te vrees,

7. want יהוה, jou God, bring jou in ’n goeie land, ’n land van waterstrome, fonteine en diep water, wat uitvloei in valleie en heuwels;

8. ’n land van koring, gars, wingerdstokke, vyebome en granate; ’n land van olyfolie en heuning;

9. ’n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin jy niks sal kortkom nie; ’n land waarvan die klippe yster is en uit wie se berge jy koper kan grawe.

10. Wanneer jy geëet het en versadig is, dan sal jy יהוה, jou God, loof vir die goeie land wat Hy vir jou gegee het.Mat 24:12

11. Wees versigtig dat jy יהוה, jou God, nie vergeet deur Sy opdragte, Sy wette en Sy reëls wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie

12. sodat jy nie miskien, wanneer jy geëet het en versadig is en mooi huise gebou het en daarin bly,

13. wanneer jou beeste, jou kleinvee, jou silwer, jou goud en alles wat jy het, vermeerder het

14. dat jou denke, wil en emosie trots word en dat jy יהוה, jou God, vergeet wat jou uit die land van Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgelei het,

15. wat jou deur die groot en verskriklike wildernis gelei het, deur giftige slange en skerpioene en ’n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die harde rots laat kom het;

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 8