Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 8:14-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. dat jou denke, wil en emosie trots word en dat jy יהוה, jou God, vergeet wat jou uit die land van Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgelei het,

15. wat jou deur die groot en verskriklike wildernis gelei het, deur giftige slange en skerpioene en ’n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die harde rots laat kom het;

16. wat jou in die wildernis met ‘man hu’, wat jou vaders nie geken het nie, gevoed het, om jou nederig te maak en jou te toets, om jou ten einde goed te doen

17. en jy in jou verstand, wil en emosie dink: ‘My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verkry,’ nie, maarYir 9:22,23; Hos 12:9; Open 3:17

18. onthou יהוה, jou God, want dit is Hy wat jou krag gee om rykdom te verkry sodat Hy Sy verbond kan bevestig, wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is.

19. Dit sal wees dat as jy ooit יהוה, jou God, sal vergeet en agter ander gode aanloop, hulle dien en voor hulle neerbuig, dan getuig ek teen julle op hierdie dag dat julle vernietig sal word tot uitwissing,

20. soos die nasies wat יהוה voor julle uit vernietig, so sal julle omkom omdat julle nie na die stem van יהוה, julle God, geluister en dit gedoen het nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 8