Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 34:7-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Alhoewel Moshe een honderd en twintig jaar oud was toe hy dood is, was sy oog nie dof nie en sy fisiese krag en gesondheid het nie afgeneem nie.

8. Die seuns van Yisra’el het oor Moshe gehuil in die vlaktes van Mo’av vir dertig dae lank en toe het die dae van die gehuil en van rou oor Moshe ten einde gekom.Yes 11:2 want Moshe het hom die hande opgelê en die seuns van Yisra’el het na hom geluister en gedoen soos יהוה Moshe beveel het.

9. Y’hoshua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid,

10. Sedert daardie tyd, het daar geen profeet soos Moshe, in Yisra’el opgestaan, vir wie יהוה van gesig tot gesig geken het nie,

11. vir al die tekens en wonders wat יהוה hom gestuur het om in die land van Mitzrayim aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen

12. en vir al die magtige krag en al die groot, verskriklike dade wat Moshe voor die oë van die hele Yisra’el gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 34