Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:43-52 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

43. Skreeu uit van vreugde, O nasies, saam met Sy volk,

44. Toe het Moshe gekom en al die woorde van hierdie lied gesê waar die volk kon hoor, hy, saam met Y’hoshua, die seun van Nun.

45. Toe Moshe al hierdie woorde klaar vir die hele Yisra’el gesê het,

46. het hy vir hulle gesê: “Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, wat julle vir jul seuns moet beveel om versigtig na te kom, al die woorde van hierdie wet,

47. want dit is nie ’n leë woord vir julle nie, inderdaad is dit julle lewe en deur hierdie woord sal julle jul dae verleng in die land waarheen julle deur die Yarden trek, om dit te besit.

48. יהוה het op dieselfde dag met Moshe gepraat en gesê:

49. “Gaan op die berg N’vo, in hierdie `Avarim bergreeks, wat in die land van Mo’av is, oorkant Yerigo en kyk na die land Kena’an, wat Ek vir die seuns van Yisra’el as besitting gee

50. en sterf op die berg waarheen jy opklim en word bymekaargemaak by jou volksgenote, soos jou broer Aharon gesterf het op die berg Hor en by sy volksgenote bymekaar gemaak is

51. omdat julle onder die seuns van Yisra’el vertroue met My gebreek het by die waters van M’rivat-Kadesh, in die wildernis van Tzin omdat julle My nie as afgesonderd behandel het tussen die kinders van Yisra’el nie,

52. want jy sal die land op ’n afstand sien, maar jy sal nie daarheen gaan nie, na die land wat Ek aan die seuns van Yisra’el gee.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32