Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:33-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Hulle wyn is die gif van slange en dodelike gif van kobras.

34. Is dit nie by My gestoor, in My skatkamers verseël nie?

35. Wraak en die terugbetaling is Myne. Kort voor lank sal hulle voet gly, want die dag van hulle ondergang is naby en wat oor hulle moet kom, haas op hulle af,

36. want יהוה sal Sy volk vryspreek en Hy sal omgee hê vir Sy diensknegte wanneer Hy sien dat hulle krag weg is en daar niemand, gebind of vry, oor is nie.

37. Dan sal Hy sê: “Waar is hulle gode, die rots waar hulle skuiling gesoek het?

38. Wie het die vet van hulle slagoffers geëet en die wyn van hulle drankoffer gedrink? Laat hulle opstaan en julle help, laat hulle julle skuilplek wees!

39. Sien nou, Ek Is Hy en daar is geen god naas My nie. Dit is Ek wat doodmaak en lewe gee. Ek het gewond en dit is Ek wat genees en daar is niemand wat uit My hand kan red nie.Open 10:6 ‘So waar as wat Ek ewig leef,

40. Inderdaad, Ek lig My hand op na die hemele en sê:Rom 12:19

41. as Ek My glinsterende swaard skerp maak en My hand na regverdige oordeel gryp, sal Ek wraak uitoefen op My teëstanders en My haters terugbetaal.

42. Ek sal My pyle dronk maak met bloed en My swaard sal vlees verteer met die bloed van die verslaande en die gevangene, vanaf die langhaar leiers van die vyand.’Rom 15:10 want Hy sal die bloed van sy diensknegte vergeld, wraak uitoefen op Sy teëstanders en toedekking doen vir Sy land en Sy volk.”

43. Skreeu uit van vreugde, O nasies, saam met Sy volk,

44. Toe het Moshe gekom en al die woorde van hierdie lied gesê waar die volk kon hoor, hy, saam met Y’hoshua, die seun van Nun.

45. Toe Moshe al hierdie woorde klaar vir die hele Yisra’el gesê het,

46. het hy vir hulle gesê: “Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, wat julle vir jul seuns moet beveel om versigtig na te kom, al die woorde van hierdie wet,

47. want dit is nie ’n leë woord vir julle nie, inderdaad is dit julle lewe en deur hierdie woord sal julle jul dae verleng in die land waarheen julle deur die Yarden trek, om dit te besit.

48. יהוה het op dieselfde dag met Moshe gepraat en gesê:

49. “Gaan op die berg N’vo, in hierdie `Avarim bergreeks, wat in die land van Mo’av is, oorkant Yerigo en kyk na die land Kena’an, wat Ek vir die seuns van Yisra’el as besitting gee

50. en sterf op die berg waarheen jy opklim en word bymekaargemaak by jou volksgenote, soos jou broer Aharon gesterf het op die berg Hor en by sy volksgenote bymekaar gemaak is

51. omdat julle onder die seuns van Yisra’el vertroue met My gebreek het by die waters van M’rivat-Kadesh, in die wildernis van Tzin omdat julle My nie as afgesonderd behandel het tussen die kinders van Yisra’el nie,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32