Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:30-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Hoe kan een ’n duisend jaag en twee tien duisend laat vlug, was dit nie dat hul Rots hulle verkoop en יהוה hulle oorgelewer het nie?

31. Inderdaad is hulle rots nie soos ons Rots nie; selfs ons vyande oordeel so,

32. want hulle wingerdstok is van die wingerdstok van S’dom en uit die veld van `Amorra. Hulle druiwe is druiwe van gif, hulle trosse bitter.

33. Hulle wyn is die gif van slange en dodelike gif van kobras.

34. Is dit nie by My gestoor, in My skatkamers verseël nie?

35. Wraak en die terugbetaling is Myne. Kort voor lank sal hulle voet gly, want die dag van hulle ondergang is naby en wat oor hulle moet kom, haas op hulle af,

36. want יהוה sal Sy volk vryspreek en Hy sal omgee hê vir Sy diensknegte wanneer Hy sien dat hulle krag weg is en daar niemand, gebind of vry, oor is nie.

37. Dan sal Hy sê: “Waar is hulle gode, die rots waar hulle skuiling gesoek het?

38. Wie het die vet van hulle slagoffers geëet en die wyn van hulle drankoffer gedrink? Laat hulle opstaan en julle help, laat hulle julle skuilplek wees!

39. Sien nou, Ek Is Hy en daar is geen god naas My nie. Dit is Ek wat doodmaak en lewe gee. Ek het gewond en dit is Ek wat genees en daar is niemand wat uit My hand kan red nie.Open 10:6 ‘So waar as wat Ek ewig leef,

40. Inderdaad, Ek lig My hand op na die hemele en sê:Rom 12:19

41. as Ek My glinsterende swaard skerp maak en My hand na regverdige oordeel gryp, sal Ek wraak uitoefen op My teëstanders en My haters terugbetaal.

42. Ek sal My pyle dronk maak met bloed en My swaard sal vlees verteer met die bloed van die verslaande en die gevangene, vanaf die langhaar leiers van die vyand.’Rom 15:10 want Hy sal die bloed van sy diensknegte vergeld, wraak uitoefen op Sy teëstanders en toedekking doen vir Sy land en Sy volk.”

43. Skreeu uit van vreugde, O nasies, saam met Sy volk,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32