Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:21-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Hulle het My jaloers gemaak met wat nie God is nie, My uitgetart tot woede met hulle afgode. Ék sal hulle dus jaloers maak met dié wat nie ’n volk is nie, deur ’n dwase nasie sal Ek hulle uittart tot woede,

22. want ’n vuur is aangesteek in My woede en brand tot in die laagste dele van Sh’ol, dit het die aarde met sy opbrengs verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.

23. Ek sal booshede op hulle ophoop; My pyle sal Ek op hulle gebruik.

24. Hulle sal uitgeput wees van honger en verteer deur plae en bitter vernietiging. Ek sal die tande van wilde diere teen hulle stuur met die gif van dinge wat in die stof kruip.

25. Buitekant sal die swaard beroof en binne die angs; die jongman, sowel as die maagd, die suigeling saam met die grysaard.

26. Ek sou gesê het: ‘Ek sal hulle aan stukke sny, hulle gedagtenis onder die mense verwyder,’

27. as dit nie was dat die woede van die vyand sal sê dat hy sterk geword het nie en die teëstanders sal sê: ‘Ons hand was triomfantlik en יהוה het dit nie alles gedoen nie,’ sou ek hulle vernietig het,

28. want hulle is ’n nasie sonder planne en daar is geen begrip in hulle nie.

29. Was hulle maar wys dat hulle hierdie sou verstaan dat hulle hul toekoms kon onderskei.

30. Hoe kan een ’n duisend jaag en twee tien duisend laat vlug, was dit nie dat hul Rots hulle verkoop en יהוה hulle oorgelewer het nie?

31. Inderdaad is hulle rots nie soos ons Rots nie; selfs ons vyande oordeel so,

32. want hulle wingerdstok is van die wingerdstok van S’dom en uit die veld van `Amorra. Hulle druiwe is druiwe van gif, hulle trosse bitter.

33. Hulle wyn is die gif van slange en dodelike gif van kobras.

34. Is dit nie by My gestoor, in My skatkamers verseël nie?

35. Wraak en die terugbetaling is Myne. Kort voor lank sal hulle voet gly, want die dag van hulle ondergang is naby en wat oor hulle moet kom, haas op hulle af,

36. want יהוה sal Sy volk vryspreek en Hy sal omgee hê vir Sy diensknegte wanneer Hy sien dat hulle krag weg is en daar niemand, gebind of vry, oor is nie.

37. Dan sal Hy sê: “Waar is hulle gode, die rots waar hulle skuiling gesoek het?

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32