Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Luister, O hemele en laat my praat en laat die aarde die woorde van my mond hoor.

2. Laat my lering drup soos die reën, my woord kondenseer soos die dou, soos die druppels op die jong gras en soos die stortreën op die kruie,

3. want ek verkondig die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה; reken grootheid toe aan ons God!Rom 9:14

4. Die Rots! Sy werke is volmaak, want al Sy metodes is regverdig; ’n Magtige God van vertrouenswaardigheid en sonder onreg; Regverdig en Opreg is Hy.

5. Hulle het afbrekend teenoor Hom gehandel; hulle is nie Sy seuns nie, as gevolg van hulle onreinheid, maar is ’n valse en verdraaide geslag.

6. Betaal julle יהוה so terug, o dwase en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou gekoop het nie? Het Hy jou nie gemaak en jou bevestig nie?

7. Onthou die ou dae, beskou die jare van alle geslagte. Vra jou vader en hy sal jou inlig, jou oudstes en hulle sal jou vertel.

8. Toe `Elyon (die Allerhoogste) aan die nasies hulle erfdeel gegee het, toe Hy die seuns van die mens van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die seuns van Yisra’el,

9. want יהוה se deel is Sy volk, Ya’akov is die toewysing van Sy erfenis.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32