Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 31:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Moshe het gegaan en hierdie woorde met die hele Yisra’el gedeel

2. en vir hulle gesê: “Ek is vandag honderd-en-twintig jaar oud; ek is nie langer in staat om te kom of te gaan nie en יהוה het vir my gesê: ‘Jy sal nie oor hierdie Yarden gaan nie.’

3. Dit is יהוה, jou God, wat voor jou sal oorgaan; Hy sal hierdie nasies voor jou uit vernietig en jy sal hulle onteien. Y’hoshua is die een wat voor julle sal oorgaan, net soos יהוה gesê het.

4. יהוה sal met hulle doen soos Hy met Sigon en met `Og, die konings van die Emoriete en met hulle land gedoen het, toe Hy hulle vernietig het.

5. יהוה sal hulle voor julle oorgee en julle moet met hulle doen volgens al die opdragte wat ek julle beveel het.Deut 4:31; Heb 13:5

6. Wees onveranderlik sterk en dapper; moenie vir hulle bang wees of bewe nie, want יהוה, jou God, is die Een wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie.”

7. Toe het Moshe na Y’hoshua geroep en vir hom voor die oë van die hele Yisra’el gesê: “Wees onveranderlik sterk en dapper, want jy sal saam met hierdie volk in die land ingaan, wat יהוה aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee en jy sal dit vir hulle gee as ’n erfenis.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 31