Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 29:3-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. die groot toetse wat jou oë gesien het, daardie groot tekens en wonders.Yes 6:9; Yes 29:10; Yeg 12:2; Mat 13:14,15; Yog 12:40; Rom 11:8

4. Tog, tot vandag toe, het יהוה julle nie ’n verstand, wil en emosie gegee om te verstaan, of oë om te sien, of ore om te hoor nie.

5. Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn gelei; julle klere het aan julle nie verslyt nie en julle skoene het nie verslyt aan julle voete nie.

6. Julle het nie brood geëet of wyn en sterk drank gedrink nie sodat julle kan weet dat Ek, יהוה, julle God is.

7. Toe julle by hierdie plek aangekom het, het Sigon, die koning van Heshbon en `Og, die koning van Bashan, uitgekom om ons te ontmoet in geveg, maar ons het hulle verslaan

8. en hulle land gevat en dit as erfenis gegee aan die Re’uveniete, Gadiete en aan die halwe stam van die M’nashiete.

9. Hou dus die woorde van hierdie verbond om dit te doen sodat julle voorspoedig kan wees in alles wat julle doen.

10. Julle staan vandag, almal van julle, voor die Teenwoordighed van יהוה, julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle ampsdraers, al die manne van Yisra’el;

11. julle kinders, julle vroue en die vreemdeling wat binne-in julle kampe is, van die een wat jou hout kap tot die een wat jou water uittrek,

12. dat julle kan intree in die verbond met יהוה, julle God en in Sy eed, wat יהוה, julle God, vandag met julle sluit

13. sodat Hy julle vandag as Sy volk kan bevestig en jul God kan wees soos Hy met jul gepraat het en soos Hy aan jul vaders Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het.

14. Ek sluit nie nou hierdie verbond en hierdie eed met jul alleen nie,

15. maar beide met hulle wat vandag hier saam met ons voor die Teenwoordigheid van יהוה, ons God, staan én met die wat nie vandag hier saam met ons is nie,

16. want julle weet hoe ons in die land van Mitzrayim gebly het en hoe ons dwarsdeur die nasies gekom het waardeur julle getrek het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 29