Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 29:20-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. יהוה sal nooit gewillig wees om hom te vergewe nie, maar die woede en die jaloesie van יהוה sal eerder teen dié man brand en elke vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus en יהוה sal sy naam van onder die hemel uitwis.

21. Dan sal יהוה hom afskei van al die stamme van Yisra’el vir moeilikheid, volgens al die vloeke van die verbond, wat in hierdie boek van die wet geskryf is.

22. Die volgende geslag, julle seuns, wat ná julle opstaan en die buitelander wat uit ’n ver land kom, sal, wanneer hulle die plae van die land sien en die siektes waarmee יהוה dit getref het, sê:

23. ‘Die hele land is swawel en sout, ’n brandende verkwisting, onbesaai en onvrugbaar, waarin geen gras groei nie, soos die omverwerping van S’dom, `Amorra, Admah en Tzvoyim, wat יהוה in sy woede en in sy wraak omvergewerp het.’

24. Al die nasies sal sê: ‘Waarom het יהוה so met hierdie land gedoen? Waarom die groot uitbarsting van woede?’

25. Dan sal hulle antwoord: ‘Omdat hulle die verbond van יהוה, die God van hulle vaders, verlaat het, wat Hy met hulle gesluit het toe Hy hulle uit Mitzrayim uitgelei het.

26. Hulle het ander gode gaan dien en hulle aanbid, gode wat hulle nie geken het nie en wat Hy hulle nie aangewys het nie.

27. Die woede van יהוה het daarom teen daardie land gebrand, om elke vloek op dit te bring wat in hierdie boek geskryf is

28. en יהוה het hulle ontwortel uit hulle land uit in toorn, in woede en in groot wraak en hulle in ’n ander land gegooi, soos dit vandag is.Hand 1:7 maar die geopenbaarde dinge behoort aan ons en ons seuns tot in ewigheid dat ons al die woorde van hierdie wet moet hou.

29. Die geheime dinge behoort aan יהוה, ons God,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 29