Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 29:12-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. dat julle kan intree in die verbond met יהוה, julle God en in Sy eed, wat יהוה, julle God, vandag met julle sluit

13. sodat Hy julle vandag as Sy volk kan bevestig en jul God kan wees soos Hy met jul gepraat het en soos Hy aan jul vaders Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het.

14. Ek sluit nie nou hierdie verbond en hierdie eed met jul alleen nie,

15. maar beide met hulle wat vandag hier saam met ons voor die Teenwoordigheid van יהוה, ons God, staan én met die wat nie vandag hier saam met ons is nie,

16. want julle weet hoe ons in die land van Mitzrayim gebly het en hoe ons dwarsdeur die nasies gekom het waardeur julle getrek het.

17. Meer nog, julle het hulle verwerplikhede en hulle afgode van hout, klip, silwer en goud, by hulle gesienYir 9:14; Yir 23:15; Rom 11:16; Heb 12:15; Open 8:11

18. sodat daar onder julle geen man of vrou of familie of stam mag wees wat sy verstand, wil en emosie vandag van יהוה, ons God, wegdraai om die gode van daardie nasies te gaan dien nie sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat giftige vrugte en wilde-als dra nie.

19. Dit sal wees wanneer hy die woorde van hierdie vloek hoor dat hy sal grootpraat deur te sê: ‘Ek het vrede, alhoewel ek in die hardkoppigheid van my verstand, wil en emosie leef, om so die natgemaakte land saam met die droë te vernietig!’Heb 6:4-6

20. יהוה sal nooit gewillig wees om hom te vergewe nie, maar die woede en die jaloesie van יהוה sal eerder teen dié man brand en elke vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus en יהוה sal sy naam van onder die hemel uitwis.

21. Dan sal יהוה hom afskei van al die stamme van Yisra’el vir moeilikheid, volgens al die vloeke van die verbond, wat in hierdie boek van die wet geskryf is.

22. Die volgende geslag, julle seuns, wat ná julle opstaan en die buitelander wat uit ’n ver land kom, sal, wanneer hulle die plae van die land sien en die siektes waarmee יהוה dit getref het, sê:

23. ‘Die hele land is swawel en sout, ’n brandende verkwisting, onbesaai en onvrugbaar, waarin geen gras groei nie, soos die omverwerping van S’dom, `Amorra, Admah en Tzvoyim, wat יהוה in sy woede en in sy wraak omvergewerp het.’

24. Al die nasies sal sê: ‘Waarom het יהוה so met hierdie land gedoen? Waarom die groot uitbarsting van woede?’

25. Dan sal hulle antwoord: ‘Omdat hulle die verbond van יהוה, die God van hulle vaders, verlaat het, wat Hy met hulle gesluit het toe Hy hulle uit Mitzrayim uitgelei het.

26. Hulle het ander gode gaan dien en hulle aanbid, gode wat hulle nie geken het nie en wat Hy hulle nie aangewys het nie.

27. Die woede van יהוה het daarom teen daardie land gebrand, om elke vloek op dit te bring wat in hierdie boek geskryf is

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 29