Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 29:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die woorde van die verbond wat יהוה Moshe beveel het om met die seuns van Yisra’el te sluit in die land van Mo’av, bo en behalwe die verbond wat Hy met hulle by Horev gesluit het.

2. Moshe het die hele Yisra’el geroep en vir hulle gesê: “Julle het alles gesien wat יהוה in die land van Mitzrayim voor julle oë aan Farao, aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het,

3. die groot toetse wat jou oë gesien het, daardie groot tekens en wonders.Yes 6:9; Yes 29:10; Yeg 12:2; Mat 13:14,15; Yog 12:40; Rom 11:8

4. Tog, tot vandag toe, het יהוה julle nie ’n verstand, wil en emosie gegee om te verstaan, of oë om te sien, of ore om te hoor nie.

5. Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn gelei; julle klere het aan julle nie verslyt nie en julle skoene het nie verslyt aan julle voete nie.

6. Julle het nie brood geëet of wyn en sterk drank gedrink nie sodat julle kan weet dat Ek, יהוה, julle God is.

7. Toe julle by hierdie plek aangekom het, het Sigon, die koning van Heshbon en `Og, die koning van Bashan, uitgekom om ons te ontmoet in geveg, maar ons het hulle verslaan

8. en hulle land gevat en dit as erfenis gegee aan die Re’uveniete, Gadiete en aan die halwe stam van die M’nashiete.

9. Hou dus die woorde van hierdie verbond om dit te doen sodat julle voorspoedig kan wees in alles wat julle doen.

10. Julle staan vandag, almal van julle, voor die Teenwoordighed van יהוה, julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle ampsdraers, al die manne van Yisra’el;

11. julle kinders, julle vroue en die vreemdeling wat binne-in julle kampe is, van die een wat jou hout kap tot die een wat jou water uittrek,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 29