Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:6-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Jy moet die altaar van יהוה, jou God, bou van ongekapte klippe en jy moet brandoffers daarop bring aan יהוה, jou God

7. en jy moet vredesoffers offer en daar eet en jou verheug voor יהוה, jou God.

8. Jy moet al die woorde van hierdie wet baie duidelik op die klippe skryf.”

9. Toe het Moshe en die Levitiese priesters met die hele Yisra’el gepraat en gesê: “Wees stil en luister, O Yisra’el! Vandag het jy ’n volk vir יהוה, jou God, geword;

10. daarom moet jy יהוה, jou God, gehoorsaam en Sy opdragte en Sy reëls, wat ek jou vandag beveel, doen.”

11. Moshe het op dié dag ook aan die volk opdrag gegee en gesê:

12. “Wanneer jy oor die Yarden trek moet hierdie staan op die berg G’rizim om die volk te seën: Shim’on, Levi, Y’hudah, Yissakhar, Yosef en Binyamin.

13. Vir die vervloeking moet hierdie op die berg `Eival staan: Re’uven, Gad, Asher, Z’vulun, Dan en Naftali.

14. Die Leviete moet dan verklaar en aan al die manne van Yisra’el met ’n harde stem sê:

15. ‘Vervloek is die man wat ’n gekerfde of gegote beeld maak, die werk van die hande van ’n ambagsman en dit in die geheim oprig, wat verwerplik is vir יהוה.’ Al die mense moet antwoord en sê: ‘Dit is waar.’

16. ‘Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder onteer.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

17. ‘Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verskuif.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27