Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Vir die vervloeking moet hierdie op die berg `Eival staan: Re’uven, Gad, Asher, Z’vulun, Dan en Naftali.

14. Die Leviete moet dan verklaar en aan al die manne van Yisra’el met ’n harde stem sê:

15. ‘Vervloek is die man wat ’n gekerfde of gegote beeld maak, die werk van die hande van ’n ambagsman en dit in die geheim oprig, wat verwerplik is vir יהוה.’ Al die mense moet antwoord en sê: ‘Dit is waar.’

16. ‘Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder onteer.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

17. ‘Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verskuif.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

18. ‘Vervloek is hy wat ’n blinde verkeerd lei op die pad.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

19. ‘Vervloek is hy wat die reg van die vreemdeling, wees en weduwee wat hom toekom, verdraai.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

20. ‘Vervloek is hy wat by die vrou van sy vader lê, want hy het die kleed van sy vader opgelig.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

21. ‘Vervloek is hy wat by enige dier lê.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27