Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Moshe saam met die oudstes van Yisra’el die volk beveel en gesê: “Onderhou al die opdragte wat ek julle vandag beveel.

2. Op die dag as julle deur die Yarden gaan in die land wat יהוה, jou God, jou gee, sal dit so so wees dat jy vir jou groot klippe moet oprig en dit met kalk bedek

3. en wanneer jy oortrek moet jy al die woorde van hierdie wet daarop skryf sodat jy kan ingaan in die land wat יהוה, jou God, jou gee, ’n land wat vloei met melk en heuning, soos יהוה, die God van jou vaders, jou beloof het.

4. So sal dit wees wanneer jy deur die Yarden trek dat julle hierdie klippe op die berg `Eival moet oprig, soos ek julle vandag beveel en jy moet dit met kalk bedek.

5. Meer nog, jy moet daar vir יהוה, jou God, ’n altaar bou, ’n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.

6. Jy moet die altaar van יהוה, jou God, bou van ongekapte klippe en jy moet brandoffers daarop bring aan יהוה, jou God

7. en jy moet vredesoffers offer en daar eet en jou verheug voor יהוה, jou God.

8. Jy moet al die woorde van hierdie wet baie duidelik op die klippe skryf.”

9. Toe het Moshe en die Levitiese priesters met die hele Yisra’el gepraat en gesê: “Wees stil en luister, O Yisra’el! Vandag het jy ’n volk vir יהוה, jou God, geword;

10. daarom moet jy יהוה, jou God, gehoorsaam en Sy opdragte en Sy reëls, wat ek jou vandag beveel, doen.”

11. Moshe het op dié dag ook aan die volk opdrag gegee en gesê:

12. “Wanneer jy oor die Yarden trek moet hierdie staan op die berg G’rizim om die volk te seën: Shim’on, Levi, Y’hudah, Yissakhar, Yosef en Binyamin.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27