Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 26:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dan sal dit wees, wanneer jy in die land kom wat יהוה, jou God, jou as erfenis gee en jy dit besit en daarin bly

2. dat jy van die eerstelinge van al die vrugte van die grond wat jy inbring uit jou land wat יהוה, jou God, jou gee, moet vat en dit in ’n mandjie sit en jy moet gaan na die plek wat יהוה, jou God, sal kies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) daar te vestig.

3. Jy sal na die priester toe gaan wat aan diens is in dié dae en jy moet vir hom sê: ‘Ek verklaar vandag teenoor יהוה, my God, dat ek in die land ingekom het wat יהוה aan ons vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee.’

4. Dan moet die priester die mandjie uit jou hand vat en dit voor die altaar van יהוה, jou God, neersit.

5. Jy moet antwoord en voor יהוה, jou God, sê: ‘My vader is na Aram gelei en het na Mitzrayim afgetrek en daar as besoeker gebly met min mense, maar daar het hy ’n groot, magtige en talryke nasie geword.

6. Die Mitzrayiete het ons hard behandel, ons onderdruk en harde werk op ons afgedwing.

7. Toe het ons uitgeroep na יהוה, die God van ons vaders en יהוה het ons stem gehoor en ons moeilikheid, ons harde werk en ons onderdrukking gesien

8. en יהוה het ons uit Mitzrayim uitgelei deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm, deur groot angswekkende dade en deur tekens en wonders

9. en Hy het ons na hierdie plek gebring en ons hierdie land gegee, ’n land wat vloei met melk en heuning.

10. Nou, let op, ek het die eerstelinge van die vrugte van die land wat U, יהוה, my gegee het, gebring.’ Dan moet jy dit neersit voor יהוה, jou God en jou neerbuig voor יהוה, jou God

11. en jy, die Leviet en die vreemdeling wat tussen jou is, moet julle verheug oor al die goeie wat יהוה, jou God, jou en jou huis gegee het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 26