Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Jy mag ’n os nie muilband terwyl hy graan dors nie.Mat 22:24; Mar 12:19; Luk 20:28

5. Wanneer broers bymekaar woon en een van hulle sterf sonder ’n seun, dan mag die vrou van die oorledene nie na buite ’n vreemde man s’n word nie; haar man se broer moet by haar ingaan en haar as sy vrou vat en die plig van ’n man se broer vir haar uitvoer.

6. Dit sal wees dat die eersgeborene waaraan sy geboorte gee, die naam van sy oorlede broer moet aanvaar sodat sy naam nie uit Yisra’el uitgevee word nie,

7. maar as die man nie begeer om sy skoonsuster te vat nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan, na die oudstes toe en sê: ‘My swaer weier om sy broer se naam in Yisra’el te vestig; hy is nie gewillig om die plig van ’n man se broer teenoor my na te kom nie.’

8. Dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom praat en as hy volhard en sê: ‘Ek begeer nie om haar te vat nie,’

9. dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe kom en sy sandaal van sy voet aftrek, in sy gesig spoeg en verklaar: ‘So word gedoen met die man wat nie die huis van sy broer opbou nie.’

10. Sy naam moet in Yisra’el genoem word: ‘Die huis van hom wie se sandaal verwyder is.’

11. As twee landgenote met mekaar baklei en die een se vrou naderkom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan en haar hand uitsteek en hom aan die skaamdele gryp,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 25