Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25:11-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. As twee landgenote met mekaar baklei en die een se vrou naderkom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan en haar hand uitsteek en hom aan die skaamdele gryp,

12. dan moet jy haar hand afkap; jy mag haar nie jammer kry nie.

13. Jy mag nie verskillende weegstene, ’n grote en ’n kleintjie, in jou sak hê nie.

14. Jy mag nie verskillende mates, ’n grote en ’n kleintjie, in jou huis hê nie.

15. Jy moet ’n vol en korrekte gewig hê; jy moet ’n vol en korrekte maat hê sodat jou dae verleng mag word in die land wat יהוה, jou God, jou gee,

16. want elkeen wat hierdie dinge doen, elkeen wat onregverdig optree, is verwerplik vir יהוה, jou God.

17. Onthou wat `Amalek op die pad aan jou gedoen het toe jy uitgekom het uit Mitzrayim,

18. hoe hy jou ontmoet het op die pad en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, aangeval het terwyl jy moeg en saf was en hy God nie gevrees het nie.

19. Dit sal daarom wees dat wanneer יהוה, jou God, vir jou rus gee van al jou omringende vyande, in die land wat יהוה, jou God, jou as erfenis gee om te besit dat jy die nagedagtenis van `Amalek onder die hemel moet uitwis; jy moenie vergeet nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 25