Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 23:4-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. omdat hulle julle, by jul uittog uit Mitzrayim, nie met brood en water op die pad ontmoet het nie en omdat hulle Bil’am, die seun van B’or, uit P’tor in Aram-Naharayim, teen jou gehuur het om jou te vervloek.

5. Nogtans was יהוה, jou God, nie gewillig om na Bil’am te luister nie, maar יהוה, jou God, het vir jou die vloek in ’n seën verander omdat יהוה, jou God, jou liefhet.

6. Jy mag nooit hulle vrede en hulle voorspoed soek, solank as jy lewe nie.

7. Die Edomiet mag jy nie verag nie, want hy is jou broer; die Mitzrayiet moet jy nie verag nie, want jy was ’n vreemdeling in sy land.

8. Die seuns wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van יהוה kom.

9. Wanneer jy as leër teen jou vyande uittrek, moet jy jou van elke bose ding weerhou.

10. As daar iemand onder jou is wat weens ’n onverwagte gebeurtenis in die nag onrein is, moet hy uit die kamp uitgaan; hy mag nie in die kamp inkom nie,

11. maar dit sal wees, as die aand naderkom, moet hy homself in water bad en teen sonsonder mag hy teruggaan in die kamp.

12. Jy moet ook buitekant die kamp ’n plek hê en daarheen uitgaan

13. en jy moet by jou gereedskap ’n graaf hê; as jy buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe, omdraai en jou uitskeiding toegooi.

14. Aangesien יהוה, jou God, midde-in jou kamp loop om jou te bevry en jou vyande voor jou te verslaan; daarom moet jou kamp afgesonder wees en Hy moet niks afstootliks by jou sien nie of Hy sal van jou af wegdraai.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 23