Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 23:19-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Jy mag jou landgenoot geen rente oplê nie, rente op geld, kos of enigiets wat ’n mens teen rente uitleen nie.

20. Jy mag rente vra van die buitelander, maar jou landgenoot mag jy geen rente oplê nie sodat יהוה, jou God, jou kan seën in alles wat jy onderneem in die land waarin jy gaan, om dit te besit.

21. Wanneer jy aan יהוה, jou God, ’n gelofte doen, moet jy nie uitstel om dit te betaal nie, want dit sal sonde in jou wees en יהוה, jou God, sal dit sekerlik van jou vereis;

22. daarenteen, as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.

23. Jy moet versigtig wees om te doen wat oor jou lippe gaan, net soos jy aan יהוה, jou God, vrywillig oorgegee het, wat jy beloof het.

24. Wanneer jy jou naaste se wingerd binnegaan, mag jy druiwe eet totdat jy versadig is, maar jy mag niks in jou mandjie pak nie.

25. Wanneer jy jou naaste se staande graan binnegaan, mag jy met jou hand are afpluk, maar jy mag nie ’n sekel swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.Mat 5:31; Mat 19:7; Mar 10:4

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 23