Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 23:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Niemand wat seksueel losbandig leef, mag in die vergadering van יהוה kom nie.

2. Niemand wat gemeng (Jood / nie-Jood) gebore is, mag in die vergadering van יהוה kom nie; nie een van sy nageslag, selfs tot in die tiende geslag mag in die vergadering van יהוה kom nie.Neg 13:1

3. Geen `Ammoniet of Mo’aviet mag in die vergadering van יהוה kom nie; nie een van sy nageslag, selfs tot in die tiende geslag mag ooit in die vergadering van יהוה kom nie

4. omdat hulle julle, by jul uittog uit Mitzrayim, nie met brood en water op die pad ontmoet het nie en omdat hulle Bil’am, die seun van B’or, uit P’tor in Aram-Naharayim, teen jou gehuur het om jou te vervloek.

5. Nogtans was יהוה, jou God, nie gewillig om na Bil’am te luister nie, maar יהוה, jou God, het vir jou die vloek in ’n seën verander omdat יהוה, jou God, jou liefhet.

6. Jy mag nooit hulle vrede en hulle voorspoed soek, solank as jy lewe nie.

7. Die Edomiet mag jy nie verag nie, want hy is jou broer; die Mitzrayiet moet jy nie verag nie, want jy was ’n vreemdeling in sy land.

8. Die seuns wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van יהוה kom.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 23