Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 22:5-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. ’n Vrou mag nie mansklere dra nie en ’n man mag geen vrouensklere aantrek nie, want wie dit ook al doen, is vir יהוה, jou God, verwerplik.

6. As daar ’n voëlnes voor jou op die pad is in enige boom of op die grond, met voëltjies of eiers terwyl die moeder op die voëltjies of op die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies wegvat nie.

7. Jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg dat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe, maar die kleintjies mag jy vir jou vat.

8. Wanneer jy ’n nuwe huis bou, moet jy ’n reling aan jou dak maak sodat jy nie die skuld van bloed op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.

9. Jy mag nie twee soorte saad in jou wingerd saai nie, of die volle opbrengs van die saad wat jy gesaai het en die vermenigvuldiging van die wingerd, sal onrein word.

10. Jy mag nie met ’n os en ’n donkie saam ploeg nie.

11. Jy mag geen materiaal wat gemeng is met wol en linne aantrek nie.Num 15:38,39; Mat 23:5

12. Jy moet vir jou tossels maak aan die vier hoeke van die kledingstuk waarmee jy jouself bedek.

13. As ’n man ’n vrou vat en by haar ingaan en dan teen haar draai

14. en haar beskuldig van skandelike dade en haar openlik slegmaak en sê: ‘Ek het hierdie vrou gevat en toe ek naby haar kom, het ek haar nie ’n maagd gevind nie,’

15. dan moet die vader en die moeder van die dogter die getuienis van die dogter se maagdom vat en dit na die oudstes van die stad by die poort uitbring.

16. Die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: ‘Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het teen haar gedraai

17. en let op, hy het haar beskuldig van skandelike dade deur te sê: Ek het nie gevind dat jou dogter ’n maagd is nie, maar hierdie is die bewys van my dogter se maagdom’ en hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.

18. Die oudstes van die stad moet die man vat en hom dissiplineer

19. en hom ’n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee omdat hy ’n jongmeisie van Yisra’el openlik beswadder het en sy sal sy vrou bly; hy mag haar nie skei solank as hy lewe nie.

20. As die beskuldiging egter waar is dat die dogter nie ’n maagd bevind is nie,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 22