Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 22:24-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. dan moet jy hulle altwee na die poort van die stad uitbring en hulle stenig tot die dood; die meisie omdat sy in die stad nie uitgeskree het nie en die man omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die bose uit jou midde uitroei,

25. maar as die man die verloofde meisie in die veld kry en die man hom op haar afdwing en by haar lê, moet die man wat by haar gelê het, alleen sterf,

26. maar aan die dogter moet jy niks doen nie: daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie, want soos wanneer ’n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval.

27. Toe hy haar in die veld gekry het, het die verloofde meisie geskree, maar daar was niemand om haar te red nie.

28. As ’n man ’n meisie, ’n maagd wat nie verloof is nie, kry, haar beetkry en by haar lê en hulle word betrap,

29. dan moet die man wat by haar gelê het aan die vader van die meisie vyftig sikkels silwer gee en sy moet sy vrou wees omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie skei solank as hy lewe nie.

30. ’n Man mag nie die vrou van sy vader vat nie en ook nie sy vader se vrou se romp ontbloot nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 22