Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 20:5-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Die offisiere moet met die mense praat en sê: ‘Watter man is daar wat ’n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Laat hom teruggaan huis toe dat hy nie in die oorlog sterf en ’n ander man dit inwy nie.

6. Watter man is daar wat ’n wingerd geplant het en nog nie sy vrugte begin gebruik het nie? Laat hom teruggaan huis toe dat hy nie in die oorlog sterf en iemand anders dit gebruik nie.

7. Watter man is daar wat aan ’n vrou verloof is en haar nog nie by hom gevat het nie? Laat hom teruggaan huis toe dat hy nie in die oorlog sterf en iemand anders haar vat nie.’

8. Die offisiere moet verder met die volk praat en sê: ‘Watter man is daar wat bang en sag in sy binneste is? Laat hom teruggaan huis toe dat die binneste van sy broers nie sag word soos syne nie.’

9. Wanneer die offisiere klaar met die mense gepraat het, moet hulle leër bevelvoerders aan die hoof van die mense aanstel.

10. Wanneer jy naby ’n stad kom om daarteen te veg, moet jy vredesvoorwaardes vir dit aanbied.

11. As dit instem om vrede met jou te maak en vir jou oopmaak, moet al die mense wat daarin gevind word jou dwangarbeid word en jou dien,

12. maar as die stad nie vrede met jou wil maak nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit omsingel.

13. Wanneer יהוה, jou God, dit in jou hand gegee het, moet jy al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan,

14. maar die vroue, die kinders, die vee en alles wat in die stad is; al die buit moet jy vir jou roof en jy moet die buit van jou vyande gebruik wat יהוה, jou God, jou gegee het.

15. So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie van die stede van hierdie nasies naby jou is nie.

16. Net in die stede van hierdie volke wat יהוה, jou God, jou as besitting gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie,

17. maar jy moet hulle vernietig om hulle uit te wis: die Hettiete, Emoriete, Kena’aniete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, soos יהוה, jou God, jou beveel het

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 20