Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 20:15-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie van die stede van hierdie nasies naby jou is nie.

16. Net in die stede van hierdie volke wat יהוה, jou God, jou as besitting gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie,

17. maar jy moet hulle vernietig om hulle uit te wis: die Hettiete, Emoriete, Kena’aniete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, soos יהוה, jou God, jou beveel het

18. sodat hulle julle nie leer om te doen volgens al hulle verwerplikhede wat hulle vir hul gode gedoen het en julle teen יהוה, julle God, sondig nie.

19. As jy ’n stad vir lank beleër deur oorlog daarteen te voer om dit te verower, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; as jy daarvan kan eet moet jy dit nie afkap nie, want is die bome van die veld dan mense dat hulle deur jou beleër moet word?

20. Net bome waarvan jy weet dat dit nie bome vir kos is nie, dié mag jy verwoes en afkap om stellasies te bou teen die stad wat teen jou oorlog voer totdat dit val.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 20