Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 20:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. As dit instem om vrede met jou te maak en vir jou oopmaak, moet al die mense wat daarin gevind word jou dwangarbeid word en jou dien,

12. maar as die stad nie vrede met jou wil maak nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit omsingel.

13. Wanneer יהוה, jou God, dit in jou hand gegee het, moet jy al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan,

14. maar die vroue, die kinders, die vee en alles wat in die stad is; al die buit moet jy vir jou roof en jy moet die buit van jou vyande gebruik wat יהוה, jou God, jou gegee het.

15. So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie van die stede van hierdie nasies naby jou is nie.

16. Net in die stede van hierdie volke wat יהוה, jou God, jou as besitting gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie,

17. maar jy moet hulle vernietig om hulle uit te wis: die Hettiete, Emoriete, Kena’aniete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, soos יהוה, jou God, jou beveel het

18. sodat hulle julle nie leer om te doen volgens al hulle verwerplikhede wat hulle vir hul gode gedoen het en julle teen יהוה, julle God, sondig nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 20