Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 20:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wanneer jy uitgaan om te veg teen jou vyand en perde, strydwaens en mense meer in getal as jy sien, moenie vir hulle bang wees nie, want יהוה, jou God, wat jou uit die land van Mitzrayim laat optrek het, is by jou.

2. Wanneer jy die geveg nader, moet die priester naderkom en met die mense praat

3. en hy moet vir hulle sê: ‘Luister, Yisra’el, julle trek vandag op om te veg teen julle vyande; laat julle binneste nie sag word nie, moenie bang wees, bewe en vreesbevange voor hulle wees nie,

4. want dit is יהוה, julle God, wat voor julle gaan om te veg teen julle vyande, om julle te bevry.’

5. Die offisiere moet met die mense praat en sê: ‘Watter man is daar wat ’n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Laat hom teruggaan huis toe dat hy nie in die oorlog sterf en ’n ander man dit inwy nie.

6. Watter man is daar wat ’n wingerd geplant het en nog nie sy vrugte begin gebruik het nie? Laat hom teruggaan huis toe dat hy nie in die oorlog sterf en iemand anders dit gebruik nie.

7. Watter man is daar wat aan ’n vrou verloof is en haar nog nie by hom gevat het nie? Laat hom teruggaan huis toe dat hy nie in die oorlog sterf en iemand anders haar vat nie.’

8. Die offisiere moet verder met die volk praat en sê: ‘Watter man is daar wat bang en sag in sy binneste is? Laat hom teruggaan huis toe dat die binneste van sy broers nie sag word soos syne nie.’

9. Wanneer die offisiere klaar met die mense gepraat het, moet hulle leër bevelvoerders aan die hoof van die mense aanstel.

10. Wanneer jy naby ’n stad kom om daarteen te veg, moet jy vredesvoorwaardes vir dit aanbied.

11. As dit instem om vrede met jou te maak en vir jou oopmaak, moet al die mense wat daarin gevind word jou dwangarbeid word en jou dien,

12. maar as die stad nie vrede met jou wil maak nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit omsingel.

13. Wanneer יהוה, jou God, dit in jou hand gegee het, moet jy al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan,

14. maar die vroue, die kinders, die vee en alles wat in die stad is; al die buit moet jy vir jou roof en jy moet die buit van jou vyande gebruik wat יהוה, jou God, jou gegee het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 20