Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 2:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het ons gedraai en vertrek na die wildernis, op die pad van die Sufsee, soos יהוה vir my gesê het en ons het vir baie dae lank om die berg Se’ir getrek.

2. יהוה het met my gepraat en gesê:

3. ‘Julle het lank genoeg om hierdie berg getrek. Draai noordwaarts weg

4. en beveel die volk en sê: ‘Julle is op die punt om te trek deur die grondgebied van julle broers, die seuns van Esav, wat in Se’ir bly en hulle sal bang wees vir julle. Wees daarom baie versigtig.

5. Moet hulle nie uittart nie, want Ek gee aan julle niks van hulle land nie, nie eers ’n plek om jou voetsool neer te sit nie, want Ek het die berg Se’ir vir Esav as ’n besitting gegee.

6. Julle moet kos van hulle koop met geld sodat julle kan eet en julle moet ook water van hulle koop vir geld sodat julle kan drink,

7. want יהוה, jou God, het jou geseën in alles wat jy gedoen het. Hy het jou trek deur hierdie groot wildernis geken. Vir veertig jaar lank was יהוה, jou God, met jou, jy het geen tekort gehad nie.’

8. Toe ons verby ons broers getrek het, die seuns van Esav, wat in Se’ir bly, weg van die vlakte se pad af, weg van Eilat en `Etzyon-Gever af, het ons weggedraai en verby getrek op die pad van die wildernis van Mo’av.Gen 19:37

9. יהוה het vir my gesê: ‘Moenie vyandskap teenoor Mo’av wys nie en begeef jou nie in oorlog teen hulle nie, want Ek sal niks van sy land vir jou as besitting gee nie omdat Ek Ar aan die seuns van Lot as ’n besitting gegee het.’

10. (Die Emiete het vroeër daar gebly, ’n volk groot en talryk en lank van gestalte soos die `Anakiete.

11. Hulle word ook as reuse beskou, soos die `Anakiete, maar die Mo’aviete het hulle Emiete genoem.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 2